lofprysings span - NGWes

Go to content

Main menu

lofprysings span

Diensgroepe > Gemeetebediening

Sowat 3 jaar gelede het die Here my bewus gemaak, tydens 40 dae, om 'n lofprysings span op die been te bring.
Ek het vir 'n hele jaar met die gedagte geloop voordat ek iets daaraan gedoen het. Toe eers tydens die volgende 40 dae.
Daar het onmiddellik 'n klankspan (in samewerking met Akkerdyk gemeente van Vredenburg) op die been gekom en sowat 6 mense wat bereid was om voorsang te doen.
Dit was verstommend om te sien hoe die Here net die mense stuur en die dinge laat gebeur. Die lofprysings span het gegroei tot 12 mense en 6 wat die klank doen. So alhoewel ek die oorspronklike opdrag gekry het (en amper geignoreer het vir 'n jaar) het die Here gewys dat ons nooit alleen iets hoef te doen nie ons moet net gewillig wees en beskikbaar wees. As die Here iets beplan het Hy reeds alles voorsien ook. So alle eer aan Hom wat gewone mense gebruik om eer aan Hom te bring deur lofprysing en klank
Nou Sept 2014 (2 jaar later) bestaan ons klankspan uit Philip du Plessis (0832339151), Danie du Toit, Paul Albertyn, Gideon Theron, Pieter van der Westhuizen, Basjan
Die Lofprysing groep is: Annemarie du Plessis (0834466803) Ds Nico Viljoen, Gerda Koegelenberg (musiek ghoeroe), Aletta Esterhuyze, Ansa Geldenhuys, Louise Groenewald, Wilma Steenkamp , Christa van den Heever, Jurg Hanekom, Tobie Beukes
Enige een kan ons kontak. Daar is altyd plek vir nog. Wees gehoorsaam!

 
Back to content | Back to main menu