Koskamer - NGWes

Go to content

Main menu

Koskamer

Diensgroepe > Barmhertigheid

Agtergrond

Die koskamer was gevestig in 1975 as gevolg 'n noodtoestand wat raakgesien was onder behoeftige gesinne in die gemeeskap.  Oom Hennie en Tannie Bettie Du Toit was daarvoor verantwoordelik tot 2012 toe Arina Southey oorgeneem het. Die koskamer is totaal afhanklik van donasies uit die gemeente en breër gemeenskap.


Wie kry kospakkies?


Kerke in die omgewing doen aansoek om kospakkies vir gesinne waarvoor hulle self nie kan voorsien nie.  Dit is mense wat nie-werkend is of 'n baie klein salaris en retensie kry wat nie in hulle behoeftes kan voorsien nie.


Wat is in 'n kospakkie?


Ons pak gewoonlik so 8/9 items in elke pakkie en dit bestaan uit die volgende opsies:

- Stysel: macaroni,spaghetti,rys,stampmielies met bone of plein,koring,mielierys
- Proteine: geblikte vis,soja vleis,geblikte bone
- Groente: geblikte ertjies,gemengde groente,kerriegroente,soetmielies,tamatie en uie mengsel,chakalaka
- ander produkte soos: tee,koffie,suiker,mieliemeel,broodmeel,gis,sunlight seep,soppoeier,sout,sopmengsel,spliertjies,verromer

Die waarde van elke pakkie word tussen R30 en R40 gehou.


Helpers


Elke Dinsdagmiddag kom vrywilligers bymekaar om die pakkies op te maak en dit neem gewoonlik so tussen 'n halfuur na 'n uur.  Dit is net nog 'n manier om betrokke te raak by die gemeente en 'n helpende hand is altyd welkom.


Nawoord


Ons voorsien tans 40 gesinne van 'n weeklikse kospakkie.  Pakkies word woensdae oggende tussen 08h00en 09h00 uitgedeel vanuit die koskamer by Vredendal Wes Gemeente.
Die koskamer vra geen geld vir die pakkies nie maar kerke en individue word gevra om by te dra as hulle pakkies neem.  Kontak gerus vir Arina by 073 297 2053 vir enige navrae of donasies.

 
Back to content | Back to main menu