Kategese - NGWes

Go to content

Main menu

Kategese

Diensgroepe > Jeug

Belydenisklas 2014
Op 9 November het 2014 se Belydenisklaskatkisante belydenis van geloof afgelê. Uit die tien jongmense is net 5 dooplidmate van Wes-gemeente.
Hulle is Nico Louw, Jandré de Beer, Gerhard Kotze, Bianca Saayman en Dany van der Heever. Die ander 5 kom almal vanuit die omliggende dorpe.
Die tweeling, Carla en Nunty Coetzee, sowel as Nellie Dreyer is van Garies; Schalk Willem Laing is van Clanwilliam en Nicole Loubser van Nuwerus.
Vanaf Vrydag 31 Oktober tot Sondag 2 November het die belydenisklaskamp by die Biedouw Jeugkamp plaasgevind. Die Biedouw Jeugkamp
is die ideale terrein vir hierdie jaarlikse instelling, want terwyl daar met elke katkisant ‘n persoonlike gesprek gevoer word, kan die res van die
jongmense die lieflike omgewing verken en heerlik swem.

Op die vraag wat hulle die meeste van die kamp geniet het, het hulle onder andere as volg gereageer:
"Die kampterrein en die ervaring van God daarin."
"Die stil tydjie Saterdagoggend toe ons ons rivier van die lewe moes teken."
"Die middernag swemsessie waaraan net sommiges deelgeneem het."
"Die swem by die skeur en die middernaglike swemsessies."
"Saterdag se ontspanningstyd en die samesyn saam met almal."
"Die persoonlike gesprek, ontspanning op die tubes en sommer alles."
"Braaivleis en hamburgers en ook die stap en swem."
"Alles was vir my baie lekker, ek het alles geniet."



Back to content | Back to main menu